Feliformia

Feliformia
Tydperk: Eoseen tot Onlangs
Tier (Panthera tigris)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Feliformia

Kretzoi, 1945

Feliformia is 'n suborde van die orde van roofdiere (Carnivora). Dit bevat al die Felidae, of katagtige soogdiere. Die suborde bevat ook die verwantes, wat die hiëna, sivetkatte, en andere insluit. Daar is tans ses families, twaalf subfamilies, 56 genera en 114 spesies in die Feliformia-suborde.

Molekulêre analise toon dat Feliformia monofileties is en dus 'n gemeenskaplike voorsaat het.[1] Die ander suborde van Carnivora is die hondagtige Caniformia.

  1. Eizirik E. et al 2010. Pattern and timing of the diversification of the mammalian order Carnivora inferred from multiple nuclear gene sequences. Molecular Phylogenetics and Evolution 56: 49-63. doi:10.1016/j.ympev.2010.01.033

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search